ONDERZOEK
Enkele brieven van F.W. de Klerk aan R. Dejaegere
Naar aanleiding van zijn eredoctoraat schreef F.W. de Klerk twee brieven aan de toenmalig rector van de VUB, prof. dr. Robert Dejaegere: één op 8 oktober 1993, om zijn "opregte waardering" te betuigen, en één op 2 november 1993, om hem te bedanken voor de "waardige en indrukwekkende seremonie". Je kan de brieven hieronder lezen (de teksten worden telkens onder de afbeelding weergegeven).
Die Staatspresident
The State President
Pretoria
8 Oktober 1993
Geagte rector Dejaegere
Ek wil graag my opregte waardering aan die Vrije Universiteit Brussel oordra vir die eer en voorreg wat my aangedoen is deur die toekenning van 'n ere-doktorsgraad. Die Vrije Universiteit Brussel se strewe om alle vorme van fascisme, rassisme en ekstremisme te bekamp, word heelhartig deur my en die meerderheid Suid-Afrikaners gedeel, en hierdie toekenning word beskou as 'n erkenning van die inisiatiewe wat die Suid-Afrikaanse Regering geneem het om 'n demokratiese Suid-Afrika tot stand te bring.
Die toekenning word met dank aanvaar maar dit sal ongelukkig nie vir my moontlik wees om dit persoonlik in ontvangs te neem nie. Met die universiteit se toestemming versoek ek die Suid-Afrikaanse Ambassadeur in België, ambassadeur M L te Water Naudé, om dit namens my te ontvang.
Nogmaals dankie vir die groot eer wat u deur hierdie toekenning aan my en die volk van Suid-Afrika bewys het.
Met hoogagting,
F W DE KLERK
Prof. dr R Dejaegere
Rector
Vrije Universiteit Brussel
BRUSSEL
Die Staatspresident
The State President
Pretoria
2 November 1993
Geagte meneer die Rektor
Die Suid-Afrikaanse ambassadeur in België, ambassadeur ML te Water Naude, het my van 'n volledige verslag voorsien van die waardige en indrukwekkende seremonie by u universiteit, waar die graad Doctor Honori Causa aan my en die heer Nelson Mandela op 8 Oktober 1993 toegeken is.
U wyse woorde oor demokrasie en veral u verwysing na die wenslikheid dat deelnemers aan hierdie proses in Suid-Afrika, bewus moet wees van die noodsaak om verskille te oorbrug, het my opgeval. Hoewel die algemene verkiesing van 27 April 1993 belangrik is, is dit slegs 'n mylpaal in die demokratiseringsproses in Suid-Afrika.
Sedert die aanvang van die onderhandelings vir 'n nuwe grondwetlike bedeling, is verskeie hindernisse en telaurstellings ervaar, maar dit was telkens moontlik om die onderlinge verskille te bowe te kom. In hierdie gees sit ons die pogings voort in die vaste oortuiging dat die ingeslane weg die regte een is en dat ons steeds sal bou aan 'n nuwe, demokratiese Suid-Afrika.
Die toekenning deur die Vrije Universiteit Brussel is nie net vir my nie, maar ook vir alle ondersteuners van bogenoemde proses, 'n qewaardeerde blyk van aanmoediging. Ek bedank u hartlik hiervoor.
Met vriendelike groete
F W DE KLERK
Prof dr R Dejaegere
Rector
Vrije Universiteit Brussel
BRUSSEL
Lees hier de laudatio, uitgesproken door proximus prof. dr. Robert Dejaegere, rector van de universiteit.